Die program vir die naweek is volgepak met heerlike kuiers, avontuur en geestelike groeityd vir oud en jonk.
Die HELE gemeente word uitgenooi om die naweek saam met ons te kom geniet, of dit vir die hele naweek is of dalk net vir die dag. Daar sal ook Dv ’n erediens die Sondag 13 April om 9H00 by Kamp Vrede plaasvind.
Besprekings kan direk by Kamp Vrede ( info@kampvrede.com ) gemaak word, maar laat weet asb ook vir Danelle indien julle die naweek gaan bywoon ter wille van die verdere beplanning en voorbereiding.
Kontak vir Ds. Paul of Danelle vir enige verdere navrae tov die program en hulp met besprekings.
Meer oor ons gemeentekamp
Ons beplan ‘n Gemeentekamp vir Dv 11-13 April by Kamp Vrede. Dit is so ongeveer 80km buite Windhoek op die Dordabispad (C23). Kamp Vrede is ook bereikbaar met ’n sedan voertuig.
Daar is verskillende verblyfopsies beskikbaar:
1. Kampplek. Bring jou eie tente en kamptoerusting. (Elke kampplek het ‘n gemeenskaplike badkamer en donkie vir warm water. Opwas, kosvoorbereidingsarea en boma vir braai is beskikbaar)
2. Kampplek met vooraf opgeslaande tente, stretchers en matrasse. Geen beddegoed word voorsien nie. (Elke kampplek het ‘n gemeenskaplike badkamer en donkie vir warm water. Opwas, kosvoorbereidingsarea en boma vir braai is beskikbaar)
3. Chalets en ‘Luxury’ tente (Beddegoed en handdoeke word voorsien)
Dagbesoekers ook baie welkom teen ’n fooi.
Alle tariewe is per persoon per nag.
Selfkamp
N$150 (12 en ouer)
N$75 (onder 12)
N$ 50 (onder 5)
kamp vrede tent
N$400 (as slegs een 1 nag gaan oorslaap)
N$300 (as 2 nagte gaan oorslaap)
N$250 (onder 12)
N$150 (onder 5)
chalet/luxury tent
N$550 / N$650 / N$700 (12 en ouer)
N$250 (onder 12)
N$100 (onder 5)
dagbesoekers
N$80.00
N$40.00 (onder 12)
N$0.00(onder 5)